Los naels - Onycholysis baie algemeen, ontsierend – maar tog behandelbaar!

Los naels – of onycholysis, is ‘n baie algemene toestand wat lei tot onooglike naelskade.

basiese beginsels

Mense is sensitief oor hulle naels en glo dikwels dat onycholysis onbehandelbaar is of dat behandeling baie duur is, en verkies daarom dikwels om dit eerder weg te steek as om hulp te soek.  Dis nie langer nodig nie.

Hierdie bladsy is ‘n samevatting van die basiese beginsels wat geld vir die herstel van los naels en/of swambeskadigde naels; en die behandeling met Fix-4-Nails® wat die herstel van sulke naelskade effektief aanspreek.

Daar is wel meer ernstige gesondheids toestande wat beskadigde naels tot gevolg kan hê, soos onder meer sekere siektes en sommige medisynes, maar gelukkig is dit baie selde die geval.

 Minder ernstige besering van die naels, soos by hardlopers en baie ander sportsoorte, of selfs deur tikwerk of oorywerige naelversorging is gewoonlik die oorsaak van los naels. 

Die webruimte DermnetNZ  lys 76 nael aandoenings met fotos; en daar is omtrent nog soveel wat spesifiek los naels veroorsaak. 

Hierdie groot verskeidenheid van oorsake van los naels maak dit belangrik dat self-behandeling van sulke naels alleen moet geskied nadat enige ernstige oorsaak vir die toestand deur ‘n geneesheer uitgeskakel is.

n Swaminfeksie van die naels, as daar twyfel bestaan of dit die oorsaak van die skade aan die nael is, kan slegs deur ‘n laboratorium toets bevestig word. Dit is egter selde nodig en die los nael kan met die regte behandeling maklik swamvry gemaak en gehou word en so kan die los naels dan baie effektief herstel tot hulle oorspronklike glorie.

Normale Naels

Normal Nails
Nail
loose nails

Los Naels

fix 4 nails

Fungus Besmette Naels

nail fungus infection
fingernail fungus treatment

Baie mense glo dat alle ‘lelike’ naels deur ‘n swam infeksies veroorsaak is en dat hulle dit deur tuinwerk of tydens behandeling in ‘n nael salon opgedoen het. Dis foutief en die waarheid is dat verreweg die meeste los naels geen sodanige oorsprong het nie.

Een van die eerste tekens van ‘n los nael (onycholysis) is ‘n verandering in die kleur van die nael van ligroos tot roomkleurig. So’n nael bly vasgeheg langs die kante, maar raak los van die nailbed af, al dieper die nael in, van die punt van die vinger of toon af. So ‘n los nael is dikwels die voorloper van ‘n swam/fungus infeksie van die nael .

Waar die nael los is van die nailbed raak die nailbed droog en verhard dit. Fungusse floreer onder los naels waar die warm en klam toestande vir hulle ideaal is. Waar ‘n swam onder die nael vestig is die toestand bekend as Onychmycosis. So ‘n nael sal begin degenereer en sal nie vanself herstel nie en daar is ‘n sterk moontlikheid dat die infeksie na ander naels sal versprei.

Al is daar nie ‘n swaminfeksie onder die nael nie word tradisioneel meestal gefokus op die uitroei van enige swam/fungus wat moontlik wel onder die los nael mag wees; en met die hoogs effektiewe en duur per-mond antifungusmiddels van vandag is dit moontlik om fungusse effektief daar uit te roei.

As dit egter al is wat gedoen word om die onooglike toestand van die nael aan te spreek, ontstaan twee vrae: 

  1. Hoe lank na uitwissing van die swam, (as daar wel ‘n swam was,) is dit voor herbesmetting weer begin, gesien die tyd wat behandeling kan duur, en: 
  2. herstel die uitwissing van die swam die skade aan die nael; en wat het ondervinding ons hieromtrent geleer?

Dit het ons geleer dat, as optimale hergroei toestande onder die nael nie gehandhaaf word nie, dit is om die naelbed weer sag te kry en die spasie tussen die nael en die nailbed vry van swamme te kry en te hou tot die nuwe nael volledig hergroei het, mag die behandeling wel die fungus vernietig, maar dit sal nie die kern van die probleem, die los en beskadigde nael aanspreek nie.

‘n Los en/of swam beskadigde nael sonder ‘n fungus is steeds los en beskadig en die enigste pad tot herstel vir so ‘n nael is om weer uit te groei, en dit neem tyd! Kleiner naels groei uit in drie tot ses maande. Vir groottoon naels kan dit tot 18 maande wees.. . en juis hierom het ons nou ‘n 100ml kostebesparende verpakking beskikbaar gestel.

Die los naelplaat hou aan groei, ongeag van die naelbed se toestand. Dit groei dus oor ‘n droë, verharde naelbed sonder om weer daaraan te heg, en vererger so die losnael-toestand, en ook die moontlikheid van fungus besmetting onder die los nael.

Daar is twee sleutel stappe in die behandeling van los en/of swambeskadigde naels:
1. Stop fungus groei en voorkom herinfeksie tydens die herstel periode, (dis moontlik met Fix-4-Nails®)
2. Herstel die verharde, droë naelbed se buigsaamheid en hou vol met behandeling vir solank dit die nael neem om ten volle te herstel, en verhoed sodoende dat die naelbed opnuut sal verhard of droog word tydens herstel; (dis moontlik met Fix-4-Nails®).

Fix-4-Nails® het ‘n kombinasie van: 1) fungus inhiberende en: 2) keratien versagtende eienskappe. Laasgenoemde versag die keratien wat opbou onder die los naelplaat en herstel gelyktydig die naelbed se buigsaamheid, terwyl die fungus inhiberende eienskappe sorg dat die area fungusvry raak en bly.


Fix-4-Nails® is in onafhanklike laboratorium toetse: 1) positief bevind in die bekamping van T. Rubrum (swam, mees algemeen in nael swam-infeksies). 2) Het dermatologiese toetse geslaag vir aanwendig op sensitiewe vel.

Solank hierdie fungusvrye toestande onder die nael gehandhaaf word, en daar is geen ander komplikasies nie, sal die gesonde deel van die nael, direk agter die los gedeelte, opnuut saam met die nou sagte nailbed vorentoe groei en so geleidelik die los gedeelte vervang met ‘n nuwe gesonde nael.

toenail fungus treatment
Fix 4 Nails

Die faktore hieronder beïnvloed die tyd van ‘herstel deur hergroei’ van die nael.

1. Vir optimale sukses moet Fix-4-Nails® druppels, ononderbroke, soggens en saans onder die nael aangewend word.
2. Die keratien onder die behandelde nael moet nie aanhoudend uitgekrap word nie. Dit forseer die naelplaat weg van die naelbed af en vertraag die herstelproses.
3. Die spoed waarteen die nael groei bepaal ook die herstel tempo.

Hoe algemeen is onycholysis en onychomycosis?

In die Junie 2009 uitgawe van EDU-PHARM, gee Dr RM Caudwell MBBCh (Wits) FCFP(SA) die volgende statistieke oor onychomycosis, (verwysend na swambesmette naels): (my vertaling) “Voorkoms is 30 keer hoër in volwassenes as in kinders met minder as 3% kinders geinfekteer terwyl 90% van volwassenes ouer as 70 aangetas is. Dit affekteer tot 30% van diabetiese pasiënte.”

Voeg hierby die baie gevalle van los en/of beskadigde naels waar fungusse nie teenwoordig is nie, en dit gee vir ons seker die mens se mees algemene liggaams-ontsierende toestand.

Danksy Fix-4-Nails® hoef dit nie langer so te wees nie!

Sien ‘Distribution’ bladsy vir verspreiders van Fix-4-Nails®

Waarskuwing: Die formule van Fix-4-Nails® is oorspronklik en uniek en word al vir ca 100 jaar suksesvol oorsee gebruik. Moenie enige bykomstige bestanddeel, soos byvoorbeeld ‘Teatree Oil’ of enige ander vloeistof of room daarmee saam gebruik nie. U kan wel naelpolitoer gebruik, daar Fix-4-Nails® onder die nael aangewend word.

Ryk uit na ons

Vir meer informasie oor enige vrea wat nie beantwoord word in ons Q&A bladsy nie, skakel ons gerus of los n boodskap, dan sal ons so gou as moontlik terug kom na jou toe!

For Loose and Fungal Damaged Nails

Where to Buy

Fix-4-Nails®

At your local pharmacy,
or
Online
Fix for nails new packaging

For Loose and Fungal Damaged Nails

Where to Buy

Fix-4-Nails®

At your local pharmacy,
or
Online
Fix for nails new packaging